Wyd verspreide kragonderbreking Sunday 27th November 2022 06:42:00


Ons is bewus van paar herhalers wat van lyn af is weens die verlengde kragonderbreking regoor ons hele diens-area. Ons werk hard daaraan om alles aan lyn te hou en herhalers weer aanlyn te bring.

Ons vra verskoning vir die ongerief

Ons het slegs 1 uur 'n onderbreking by 'n toring ervaar vanoggend, waarna die "core" netwerk 100% stabiel gebly het. Kragopwekkers bly steeds in werking by verskeie torings, maar die kragprobleme is darem nou beperk.

Kragopwekkers word aangeskakel by sleutel infrastruktuur om die impak sovĂȘr moontlik te verminder